StukkieKaap Swart

 ‘n  stukkieKAAP

 “wie wil nou nie ‘n stukkieKAAP hê nie?”

 

stukkieKAAP bied verbruikers die geleentheid om ‘n stukkie Kaap te ervaar.

Hetsy deur besoeke of produk.

 

Toeriste  het die geleentheid om enkel aankope te doen, en daarna die verskeping aan StukkieKaap oor te laat.

Gaan rustig voort met jou besoek.  Sodra jy tuis kom, wag daar ‘n stukkieKAAP op jou voorstoep.

 

Virtuele Toeriste kan ‘n mengsel van hul eie gunsteling produkte saamsit, vir aflewering, en sonder die reiskoste hulself met ietsie te bederf.

 

Hierdie aanlyn platform is spesifiek ontwikkel om klein en medium produsente ‘n platform te gee vir bemarking.  Geen lysfooie word gehef nie en waar nodig sal die span help om die produkfotos te bekom of produkbeskrywing te voltooi.  Daarmee saam word alle administratiewe take rondom hierdie verkope deur die stukkieKAAP span behartig.

 

Winste op verkope of besprekings wat vanuit die stukkieKAAP platform spruit, word met plaaslike NGO projekte gedeel.